Sondag Oggend Dienste om 09h00

Die Volle Evangelie Kerk Makarios Gemeente, Polokwane is onder die leiding van Pastoor Pieter Engelbrecht.
 
Ons kerk het `n begeerte om die boodskap van Jesus Christus uit te dra aan almal waarmee ons in kontak kom, ons lidmate te bemoedig en uit te reik na die minderbevoorregtes.
 
 
Jesus het ons geroep om dissipels te maak:
 
Mat 28:19: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
 
Die pad begin met die aanneeming van Jesus en om dan `n persoonlike verhouding met Jesus te hê op `n daaglikse basis.

Ons rig weekliks aan besoekers die uitnodiging om Jesus aan te neem as hulle Redder.

Saam aanbid ons die Here op Sondae. Ons sing saam, aanbid en leer saam.
1Th 5:11: Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
 
Verder moet ons gehoorsaam wees en nie versuim om die onderlinge byeenkomste by te woon nie.
 
Heb 10:25: en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
 
Ons het verskeie projekte deur die jaar waar almal betrokke kan raak.
 
Ons glo dat die kerk die liggaam is van Jesus en dat elkeen nodig is en `n plek het in die kerk.

Ons glo dat die kerk ly as u nie u posisie opneem nie en dat ons mekaar moet bemoedig en ondersteun in ons verskillende gawes.
 
As u op hierdie webtuiste ingegaan het, is dit nie verniet nie. Ons glo dat u gelei was hierheen en dat u die volgende stap moet neem om u lewe aan Jesus te gee.
Ons sal u graag help.

Jeugbediening
Die jeugbediening van VEK Makarios Gemeente is ‘n dinamiese en lewensveranderende omgewing waar jong mense aangemoedig word om hul geloof te ontdek en te groei in ‘n omgewing wat gevul is met liefde, ondersteuning en relevante geestelike rigting.
Deelname in ons jeug word sterk aangemoedig.
 
Sangbediening
Die sangbediening by VEK Makarios Gemeente is ‘n kernaspek van ons eredienste, waar ons deur lofsange en aanbidding die teenwoordigheid van God verwelkom en ons harte voorberei om Sy stem te hoor.
 
Bybelstudie Groepe
Bybelstudie groepe by VEK Makarios Gemeente bied ‘n intieme en interaktiewe omgewing waar lidmate die Woord van God kan ontgin en dieper verstaan. Dit is ‘n plek waar gelowiges saamkom om mekaar aan te moedig, te ondersteun en geestelik te groei deur die studie van die Skrif.
 
Face Up
Die dames aktiwiteite by VEK Makarios Gemeente bied ‘n platform vir vroue om mekaar te ondersteun, te inspireer en geestelik te groei. Dit is ‘n omgewing waar vriendskappe gevorm word en waar vroue die geleentheid kry om mekaar te bemoedig en op te bou. Face Up is elke 2de Saterdag by die Volle Evangelie Kerk, Makarios.
 
Man UP
Ons manne deel ook met die Manne van die Woord onder leiding van Pastoor Pieter Engelbrecht.
Die manne byeenkomste word by Plot 157, Leeuwkuil, Polokwane, 0700 aangebied.

Holy Bible under pink tulips

Bemoedigende Boodskappe:
Jak 1:2-4
“My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet enduit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.”
Rom 5:3-4
“Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop.”
Hebr 12:11
Wanneer ons getugtig word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, ’n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.”
2 Kor 1:3-4
“Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig.”
1 Pet 1:6-7
“Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus.“
Kl 3:31-33
“Die Here verstoot ’n mens nie vir altyd nie; as Hy beproewing oor ’n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want Sy liefde is groot: dit is teen Sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring.”
Die beproewings wat God oor ons pad toelaat, maak nie noodwendig altyd vir ons sin nie. Een probleem is dat ons dikwels daarna kyk vanuit ‘n kort termyn perspektief en dan is dit vir ons moeilik om die breër en groter prentjie raak te sien.

‘n Aspek wat in hierdie verband baie belangrik is, is die feit dat God besig is om deur alles wat met ons gebeur (ook ons fisiese lyding), ons onder andere voor te berei vir die eintlike groot taak hierna. Belangrike Skrifgedeeltes in hierdie verband is die volgende:

1 Kor 6:2: “Of weet julle nie dat die gelowiges oor die wêreld sal oordeel nie?”

Boodskap Vert: “Julle gaan eendag regters oor al die nasies van hierdie wêreld wees… Weet julle nie dat ons oor die engele sal oordeel nie?

Living Bible: “… ons gaan hulle oordeel en beloon.”

Luk 22:29: “Net soos My Vader ‘n koninkryk aan My bemaak het, so bemaak Ek ’n koninkryk aan julle, sodat julle in My koninkryk aan my tafel kan eet en drink en op trone kan sit om oor die  twaalf stamme van Israel te regeer.”

Openb 2:26: “Aan elkeen wat die oorwinning behaal en tot die einde toe volhou om te doen wat Ek wil hê, sal Ek mag en gesag oor die nasies gee.”

Boodskap Vert: “Ek sal sulke mense mag gee om oor die lot van al die mense op aarde te besluit… julle sal oor al die mense heers.”

Vir die kind van God lê daar dus ‘n geweldige taak voor, en om hierdie rol uiteindelik te kan vervul, is daar ‘n vormingsproses nodig wat loutering, skoling, toerusting, vorming en voorbereiding impliseer. Om oor nasies en engele te kan oordeel, gaan Goddelike karaktereienskappe en integriteit en onderskeidingsvermoë vereis. Die vormingsproses deur al ons beproewings en ons mislukkings is inderdaad deel van hierdie toerusting en voorbereiding.

Ons is geneig om slegs te fokus op hierdie kortstondige lewe – dit wat eintlik maar ‘n stippeltjie in God se ewigheid is.
Hy sê dat ’n 1000 jaar is vir Hom soos een dag – ‘n lewe van 80jr is dus maar ‘n paar minute op God se kalender, en as Hy dit nodig mag ag om in gedurende hierdie paar minute pyn en lyding oor my pad toe te laat sodat die fyn goud na vore kan kom wat Hy benodig vir die uitvoering van die ewigheidstaak wat voorlê, dan doen Hy dit.
Die Living Bible verwoord iets hiervan baie treffend in 2 Tes 1:5: “God is using your sufferings to make you ready for His Kingdom.” Iets van die noodsaaklikheid om die groter prentjie raak te sien, word ook vir ons beskryf in Pred 11:7-8: “It is a wonderful thing to be alive! If a person lives to be very old, let him rejoice in every day of life, but let him also remember that eternity is far longer and that everything down here is futile in comparison

silhouette of kneeling man
Translate »