

Polokwane – Die Volle Evangelie Kerk Makarios Gemeente het ASB julle hulp nodig met klere donasies vir mense wat minder bevoorreg is. Maak ASB julle harte oop!


VOLLE EVANGELIE KERK MAKARIOS GEMEENTE


Pastoor Pieter en Tanya Engelbrecht
Oor die VEK Makarios Gemeente, Polokwane:
Die Goddelike inspirasie van die Bybel, die Heilige Skrif
Een God, ewigdurend bestaande in drie persone nl. Vader, Seun en Heilige Gees
Die Here Jesus Christus, die Eniggebore Seun van die Vader, wat ontvang is van die Heilige Gees gebore uit die maagd Maria, gekruisig en begrawe is, wat opgestaan het uit die dode, opgeneem is na die Hemel en nou aan die regterhand van die Vader as Middelaar sit.
Die Duiwel of Satan: ‘n werklike persoon; oorspronklik ‘n geskape wese wat as gevolg van sy oortreding uit die teenwoordigheid van God verwerp is en nou die vyand van God en mens en elke ware gelowige is
Sonde: die val van die mens en sy verlore toestand van nature
Bekering tot God
Wedergeboorte of die Nuwe Lewe en die doop van die gelowiges deur die Heilige Gees in die Liggaam van Christus
Versoening tussen God en mens
Verlossing deur die bloed van Christus
Regverdigmaking deur geloof in die Here Jesus Christus
Waterdoop van die gelowige deur enkelvoudige onderdompeling
Restitusie
Die gelowige se belydenis van sonde
Heiligmaking en heiligheid
Die inwoning deur die Heilige Gees in die gelowige
Die doop van die gelowige in die Heilige Gees en die aandoening van krag vir getuienis en diens deur die verrese verheerlikte Christus, as belofte van die Vader
Die uiterlike teken van spraak in ander tale soos die Heilige Gees gee om uit te spreek, as aanvanklike Skriftuurlike bewys van die gelowige se doop in die Heilige Gees
Die negevoudige vrug van die Heilige Gees in die lewe van die wedergebore gelowige
Die negevoudige openbaring van die Heilige Gees en die volle charismatiese toerusting van die gelowige met geestelike gawes vir diens
Skriftuurlike genesing van die liggaam deur Goddelike krag
Die Nagmaal
Die kerk as die uitverkore gemeenskap van wedergebore gelowiges in die Here Jesus Christus
Die persoonlike wederkoms van die Here Jesus Christus om Sy opgewekte en verheerlikte Kerk in die lug te ontmoet.
Die groot verdrukking aan die einde van hierdie tydsbedeling
Die duisendjarige vrederyk van die Here Jesus Christus onmiddelik na die groot verdrukking
Die Nuwe Hemel en Nuwe Aarde waarin geregtigheid woon
Die ewige straf van die goddelose
Almal is welkom, in die VEK Makarios Gemeente is ons ‘n familie!082 336 6224
Maar hy wat volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” –
Matteus 24:13
Oordenking:
Die pad van geloof is nie altyd maklik nie. Daar is dae van vreugde, maar ook dae van toetsing en stryd. Tog lê ware oorwinning nie net in groot oomblikke nie, maar in die daaglikse besluit om aan te hou glo, aan te hou bid en aan te hou vertrou.
Volharding bou karakter. Dit versterk jou geloof en leer jou om op God se krag staat te maak, nie jou eie nie. Selfs wanneer jy moeg voel of nie die uitkoms sien nie, werk God agter die skerms.
Hy vorm jou, Hy lei jou en Hy bring jou nader aan Sy doel vir jou lewe.
Onthou:
jy is nie alleen in jou stryd nie. God stap elke tree saam met jou. Jou oorwinning lê nie daarin dat jy nooit val nie, maar dat jy elke keer weer opstaan deur Sy genade.
Gebed:
Here, dankie dat U my die krag gee om aan te hou. Help my om nie moed op te gee nie, maar om te volhard in geloof. Leer my om U te vertrou, selfs wanneer ek nie verstaan nie. Ek kies vandag om vas te staan in U waarheid. Amen.

VEK Makarios Gemeente, Polokwane
As gemeente fokus ons op ons verhouding met God en ons verhouding met mekaar. Ons glo in die Heilige Gees gawes en dat ons die Heilige Gees se krag nodig het in ons lewens om `n dissipel van Jesus te wees. Ons glo daarin om mense toe te rus en die geleenthede te bied om hulle gawes en talente waarmee God hulle geseën het uit te leef en Hom daardeur te eer. Ons is `n gemeente wat omgee vir mense. In eenheid dien ons God, mekaar en die gemeenskap in liefde. Ons doel is om mense se lewens radikaal te verander om meer en meer soos Jesus te word deur uit te reik, mekaar te ondersteun en te dien. Ons is `n gemeente vir die hele gesin waar die hele gesin kan in skakel, betrokke wees en God saam kan aanbid. Saam strewe ons daarna om te lewe vir Christus elke dag in alles wat ons doen. Ons kan in totale vryheid in Jesus lewe met die wete dat Hy die dood oorwin het en dat ons vrygemaak kan wees van enige houvas wat sonde op ons het. Ons weet dat ons dus ook met totale vrymoedigheid in Sy teenwoordigheid kan wees.
“Aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.” – Efésiërs 3:21
Man-Up

Man Up – Pastoor Pieter Engelbrecht – 082 336 6224 – Leeuwkuil Plot 157, Polokwane,0700
Face-Up
Kom geniet ‘n dames oggend saam met die aanbieder Allet Hamman en ontvang die woord van God
